EntertainmentLocal sportMotoringSport

Kom klou-en-grou saam in Roedtan

Die Roedtan 4x4-klub se klou-en-grou-kompetisie vind op Saterdag 18 Mei plaas ter ondersteuning van die Roedtan-Suid Boerevereniging.

Nie net wys bestuurders hul vernuf met hul voertuie nie, maar daar gaan ook lekker gekuier word om die braaivleisvuur.

Die roete is uitgelê om tussen 90 tot 120 minute van ongebreidelde pret te hê vir persone in hul viertrek voertuie. Inskrywings vind plaas om 07:00 en die hindernisse en roete wat vir punte gery word begin om 09:00. Die kostes is R400 per 4×4-voertuig en dit sluit die bestuurder en navigator in. Toeskouers betaal R50 en laerskoolkinders se toegang is gratis. Bring eie kampstoele saam.

Braaipakkies kan vooraf bestel word vir die middag en aand se kuier. Die vuur, pap en sous sal voorsien word.

Daar is ook kampgeriewe en ander akkommodasie beskikbaar.

Daar is kos en koeldrankstalletjies beskikbaar. Persone wat items of produkte wil uitstal is ook welkom.

Die klou-en-grou-kompetisie vind plaas op die R519 van Roedtan na Mookgophong, sowat 6 km op die regterkant.

Vir navrae, skakel tel. 082 979 9135 of tel. 082 332 5656.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button