Local sportSchools

Warries voer taai stryd in netbal

Die netbalspanne van Hoërskool Warmbad het op Dinsdag 30 April een van hul buurskole, Bela-Bela High School die stryd aangesê in spannende netbalwedstryde.

Die besoekers was reeds vroeg op die bane van Hoërskool Warmbad besig om litte los te maak en het hul gekombineerde o16- en o17-span die Warries na ’n naelbyt wedstryd met 21–16 gewen.

Die Warries se eerste span het verbete terug geveg en die besoekers oortuigend geklop met die eindtelling op 33 –11.

Albei spanne het na afloop van die wedstryde gesê dat hul die gesonde kompetisie geniet het.

Warries se netbalafrigters: Jandré de Bruin, Marnel Snyman, Leo-Né van Wyk, Lezanne Coetzee (Spar), Janet Strauss, Cathy Jansen van Vuuren en Betty Lamola.

Related Articles

Back to top button