Local sportSchools

Warries se 1ste en 2de spanne verras

Die eersterugbyspan van Hoërskool Warmbad het verlede Saterdag (4 Mei) met goeie veggees koning gekraai teen Hoërskool Louis Trichardt.

Hoewel die Warries in die eerste helfte op hul tuisveld gesukkel het en met ’n halftydtelling van 17-7 tevrede moes wees, het hul in die tweede helfte met begeesterde spel vorendag gekom en die bordjies verhang. Die eindtelling was 24-17 in die Warries se guns.

Die Warries se tweedespan het ook beïndruk en die besoekers met 17-10 geklop.

Die junior spanne moes bes gee teen die harde aanslag van Louis Trichardt. Die o.14 span van Louis Trichardt het ’n harde, maar spannende oorwinning teenoor die tuisspan behaal met ’n eindtelling van 12-10.

Louis Trichardt wen ook die o.15 wedstryd met 34-55, en die o.16 wedstryd met ’n weghol telling van 71- 0 gewen. Die senior spanne van Warmbad het hul alles in die stryd gewerp en die tweede span het daarin geslaag om die besoekers van Louis Trichardt met 17-10 te klop.

Hoërskool Warmbad se volgende wedstryd is op Saterdag, 11 Mei teen Northern Academy van Polokwane op Warmbad se tuisveld.

Related Articles

Back to top button