Local sport

Meesters dra swaar aan medaljes

Annette van Dyk, Miggie van der Walt en Babsie Grobler-Crafford van die Kokanje aftree-oord in Modimolle, het die afgelope naweek deelgeneem aan die SA Meestersatletiekkampioenskap in Potchefstroom. Hulle het 15-medaljes huis toe gebring.

Van Dyk wat deelneem in die ouderdom vir atlete 65 tot 69 jaar oud, het ’n silwer medaljes vir spiesgooi en massagooi gekry en ’n bronsmedalje vir vyfkamp.

Van der Walt wat deelneem in die ouderdomsgroep vir 70 tot 74-jariges, het silwer medaljes vir spiesgooi, gewigstoot, werpskyf en brons medaljes vir massagooi, hamergooi en vyfkamp verower.

Grobler-Crafford neem deel in die kategorie van atlete tussen die ouderdomme van 80 tot 84.

Sy het goue medaljes vir spiesgooi, hamergooi, gewigstoot massagooi, werpskyf en vir vyfkamp gekry. Sy kwalifiseer ook vir die her-toekenning van nasionale kleure.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button