Local sport

Gimnaste skitter by kompetisie

Die vlak 1–3-gimnaste van Kruiskrag-gimnastiekklub in Bela-Bela het op Saterdag, 27 April aan hul eerste kompetisie van die jaar, deelgeneem.

Die vriendskaplike kompetisie is deur Gymagic in Kempton Park, Gauteng aangebied, en meer as 400 gimnaste het hul beste voetjie voorgesit.

Bela-Bela se gimnaste het puik gevaar en vier van hul het medaljes verower. Divan Nel wat in die vlak-3-seuns afdeling deelneem het ’n silwer medalje huis toe gebring en Derik Smith het ’n brons medalje verower vir vlak 2-seuns.

In die kompetisie vir meisies het twee gimnaste aan die vlak 2-kompetisie deelgeneem. Lenchen Kellerman het ’n silwer medalje verower en Hope Nkuna wen ’n brons medalje.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button