Local sport

Broers laat die speke sing

Die twee fietsry-sibbe van Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane, Henro en Marlo van der Walt, het weer amok gemaak tydens die derde wedren in die Limpopo-veldrenreeks.

Die veldren is by Moorddrift Trials by die Nylrivier Bush Camp net buite Mokopane aangebied en die Van der Walts het oudergewoonte hul fietse die praat werk laat doen.

Henro van der Walt was eerste in die seunsjeug-kategorie tydens die derde Limpopo-veldren.

Henro het ’n eerste plek behaal in die seunsjeug-kategorie en Marlo het ’n eerste plek gekry in die sub-juniorseuns-kategorie.

Die twee broers het in die eerste wedren ook eerste plekke behaal. In die tweede wedren het Marlo eerste geëindig en Hanro ’n tweede plek behaal nadat hy sleg met sy fiets geval het maar nie moed opgegee het nie en die resies voltooi het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button