Local sportSchools

Rugby druk ’n drie vir plaaslike ekonomie

Daar was min rus die afgelope skoolvakansie terwyl die terreine van Hoërskool Hans Strijdom en Nylstroom gewemel het van rugbyspelers. Dié toeloop van rugbyspanne van regoor die land, het vir ondernemings in beide Mookgophong en Modimolle ’n welkome finansiële inspuiting besorg.

Die Hansies se Mauritz Hansen-rugbyweek het vanaf 21 tot 25 Maart plaasgevind. Daar het 86 spanne van 27 skole aan hierdie groot en gevestigde rugbyweek deelgeneem. Danksy die seuns en hul gesinne wat saam Bosveld toe getoer het, was talle lodges en ander verblyf in en om die dorp vol bespreek.

Die skool se koshuis het etes aan die honger jong manne verskaf en die washuis het bondel ná bondel se rugbytruie, broeke en kouse gewas.

Die gewildheid van Hoërskool Nylstroom se rugbyweke neem ook toe. Die skool het van 21 tot 25 Maart die NTK Bosveldweek vir o.14- en o.15-spanne aangebied met 18 spanne van nege skole wat deelgeneem het. Die NTK Waterberg Pathways Rugbyweek, is van 27 Maart tot 1 April aangebied met 18 spanne van twaalf verskillende skole wat deelgeneem het. Dié byeenkoms is vir o.16- en o.18-spanne.

“Daar het 430 spelers deelgeneem aan die Bosveldweek en 520 spelers aan die Pathway Rugbyweek,” het Wandi Botes, bemarker by die skool, gesê. “Die weke het definitief geld na die dorp toe gebring. Ons het baie toeskouers gehad wat rugby kom kyk het. Al die kos wat ons aan die seuns verskaf het, is in die dorp aangekoop. Die ouers en van die spelers het in nabygeleë oorde gebly. Die spelers was na die winkelsentrums toe en het by van die oorde gaan swem op hul af dae. Die busse en besoekers het ook hier brandstof ingegooi voordat hulle teruggekeer het huis toe,” het sy gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button