Local sportSchools

Privaat- en tuisonderrigskole meet kragte op atletiekbaan

Leerders van tuisonderrigskole het verlede Vrydag, 15 Maart, kans gekry om hul talente op die atletiekbaan en –veld te wys teen die atlete van verskeie privaatskole.

Die jaarlikse atletiekbyeenkoms vir privaatskole wat deur Eden Christian Academy aangebied word, is op die sportveld van Hoërskool Warmbad gehou met sowat 180 leerders wat deelgeneem het. Tuisonderigleerders was vanjaar vir die eerste keer deel van hierdie byeenkoms.

Kelvin Captain-Hastibeer en Thabang Sebopelo van Eden Christian Academy aan die nael in die aflos-item vir senior seuns.

Die deelnemers, van 6 tot 18 jaar oud, het aan ‘n verskeidenheid van items, waaronder naellope, verspring en hoogspring, deelgeneem.

Boeresport-items soos sakresies en boontjiesak-gooi is vir die kleinspan gehou terwyl die ouers mekaar in ’n titaniese aflosresies die stryd aangesê het.

Die o.7-wennners van die 80 m is René van Zyl van Kalfieskraal wat eerste was, Melissa Mokwena (links) van Eden Christian Aca-
demy School was tweede en Refilwe Matsi (regs) ook van Eden Christian Academy School in die derde plek.
Die wenners van die 100 m seuns o.18 is Sipho Baloyi van Eden Christian Academy eerste, Clemens Magadze van Eden Christian Academy (links) tweede en Lupho Mketo (regs) van Eden Christian Academy was derde.

Related Articles

Back to top button