Local sport

Anja en mede-karatekas na Namibië

Die inwoners van Bela-Bela het weereens gewys hul harte is van goud toe hul Saterdag, 30 Maart hul harte en beursies oopgemaak het om die jong talentvolle Anja van Deventer se drome waar te maak.

Daar is op sosiale media groepe gevra vir bydraes om die koste van R8 500 te dek vir Anja se deelname aan die 27ste JKSA Development-kampioenskap wat hierdie naweek in Swakopmund in Namibië gehou word.

Inwoners het dadelik ingeklim en sommer gou seker gemaak dat Anja Woensdag, 3 April op die bus is na Namibië.

Anja en haar mamma, Jakkie Nel het gesê hul is ongelooflik dankbaar vir almal wat bygedra het.

Sterkte aan Anja en ander deelnemers van die Waterberg-karateklub, bring die goue medaljes huis toe.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button