Local sport

Sakelui rol balle vir wenplek

By die Bela-Bela-rolbalklub is die sakeliga-toernooi in volle swang en daar word ywerig balle gerol vir ’n kans om die trofee aan die einde van die toernooi te verower.

Die rolbalspelers van die 28 spanne speel elke Dinsdag vanaf 18:00. Dit is ’n gulde geleentheid vir sakeondernemings se eienaars en personeel om bande te smee en ’n netwerk van ander kennisse op die baan te ontmoet.

Die liga het in September verlede jaar begin en die finaal vind in April plaas, waar ’n trofee vir die wenspan wag. Daar is ook ’n trofeë vir die span met die beste gees, speler van die jaar en dan ook ’n houtlepel vir die span wat laaste eindig in die kompetisie.

Die Kwagga-rugbyklub het verlede jaar met die louere weggestap. Gerrie Strydom is toe aangewys as speler van die jaar en die span met die beste gees was Waterberg Toyota. Die span van Shanana het die houtlepel ontvang. Die laaste drie spanne moet gewoonlik ook die slaaie maak vir die jaareindfunksie.

Die rolbalklub nooi toeskouers om die liga te kom ondersteun. Ná afloop van die wedstryde is daar ’n gesellige braai met pap en sous wat die klub voorsien saam met op-en-wakker musiek om die gees aan te blaas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button