Local sport

Kwaggas sit vir Harlequins ore aan

Die Kwagga-rugbyklub het weer gewys hul is ’n span wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie.

Die span van Bela-Bela het op Saterdag, 9 Maart teen die derde span van Harlequins-klub in Pretoria gespeel.

Hoewel dit ’n vriendskaplike wedstryd was, wat op Harlequins se tuisveld gespeel is, het die Kwagga-span ’n indrukwekkende vertoning gelewer. Met harde aanvallende spel het hul na 80 minute gewen met die telling op 21-0.

Die bestuur van die Kwagga-span het na die wedstryd gesê dat die spelers se skerp aanvalspatrone en stewige verdediging, gesorg het dat hulle die spel heeltyd beheer.

Harlequins spring hoog in die lynstaan om die bal te kry.

Die atmosfeer op Harlequin Park was gelaai met opwinding en goeie ondersteuning vir beide spanne.

Die Kwagga-rugbyklub se eerste span speel Saterdag, 23 Maart teen die span van korrektiewe dienste om 16:30 op Hoërskool Warmbad se A-veld. Toeskouers word genooi om die tuisspan te ondersteun. Daar is verversings te koop.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button