Local sportNews

Klein Nylies trek die grotes uit

Die hengelaars van Laerskool Nylstroom in Modimolle, het die katrolle laat sing en die weegskale laat kreun tydens die Limpopo-skoleliga se hengelkompetisie op Saterdag, 16 Maart.

Die kompetisie het by die Nyl Bio-diversiteitsdam buite Mokopane plaasgevind.

Dit was duidelik dat die meisies meer as net toeskouers was wanneer hulle saam met hul pa’s visvang.

Sioné Lourens met die groot baber wat sy uitgetrek het.

Sioné Lourens het ’n algeheel derde plek behaal, met Renschke Swanepoel wat tweede was met die meeste visse wat gevang is en ook ’n eerste plek behaal het vir die swaarste sak vis. Sy het 19 visse gevang wat altesaam 59 kg geweeg het.

Sioné het ’n eerste plek gekry vir die swaarste vis van sy spesie met ’n bielie van ’n baber wat sy uitgetrek het.

Related Articles

Back to top button