Local sport

Rugbygogga byt Bosveld hard gedurende vakansie

Die NTK Bosveld-rugbyweek vind van Donderdag 21 tot Maandag 25 Maart plaas by Hoërskool Nylstroom en jong rugbyspelers van nege verskillende skole gaan op die veld draf om hul vaardighede te slyp.

Die rugbyweek het van verlede jaar se 200 spelers gegroei na 500 spelers wat vanjaar gaan deelneem. Hoërskool Hans Strijdom se Hansieweek vind ter selfdertyd plaas en die duisende nuwe besoekers aan die omgewing bring ’n welkome inspuiting vir plaaslike ondernemings. Die seuns en hul ouers gaan tuis in die skoolkoshuise, sowel as ander plaaslike akkommodasie.

Die skole wat aan die Bosveldweek deelneem sluit in Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Ellisras, Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Wagpos, Hoërskool Wolmaransstad, Hoërskool Dinamika, Curro Hazeldean, Curro Heuwelkruin en die gasheer, Hoërskool Nylstroom.

Wedstryde vind plaas op die Vrydag en Saterdag vanaf 08:00 tot 16:00 en op Maandag vanaf 08:00 tot 12:00. Die Sondag sal die seuns besoek aflê by gewilde toeriste-besienswaardighede in die omgewing.

Die toegangsfooi vir besoekers is R20 per persoon en R20 per voertuig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button