Local sportSchools

HPP-sportsterre skitter

Hoërskool Piet Potgieter het rede om hierdie week te spog met hul uithaler-sportsterre.

Hoërskool Piet Potgieter se eie spoedvraat, Karlo Ruytenberg, het ’n tweede plek behaal tydens die motorsport op Saterdag, 9 Maart op die Polokwane Raceway in die “stockrod”-klas. Ruytenberg is deel van die Bosveld Wedrenklub in Mokopane. Foto verskaf
Die twee Van der Walt broers, Henro en Marlo, het weer die speke laat sing tydens die Vaalbosbergfiets-veldren wat in Marble Hall gehou is op Saterdag, 9 Maart. Beide het eerste plekke in hul afdelings behaal. Henro neem deel in die seunsjeug-afdeling en Marlo in die sub-juniorseuns-afdeling. Foto’s verskaf

Related Articles

Back to top button