Local sport

Tarentale kraai koning by Limpopo-jukskei

Die Limpopo-jukskei afsluiting is op Saterdag, 2 Maart by Die Oog-aftreelandgoed buite Mookgophong gehou. Deelnemers sê dit was ’n genotvolle dag wat in goeie sportmansgees verloop het.

Die Tarentale-span van Mokopane het in die A-afdeling koning gekraai. Hul het die wedstryd teen die Naboomspan oortuigend gewen met 224,5 punte teenoor Naboom se telling van 137,5 op die telbord. Die wenspan is Matie Coetzee, Fanus Genis, André Coetzee en de Graaff Genis.

Matie Coetzee, Fanus Genis, André Coetzee en de Graaff Genis saam met Johan Pretorius was die wenners van die A-afdeling. Foto verskaf

In die B-afdeling het die span van Die Oog hul teenstaanders, Tarentale B-span geklop. In die C-afdeling het die span van Naboom se skeie reg geval teen die Tarentale C-span.

Die Tarentale-A-span is aangewys as die Limpopo-wenners.

’n Woordvoerder van Limpopo-jukskei het aan Die Pos gesê dat hulle opgewonde is oor die groeiende belangstelling en talent van hierdie tradisionele sportsoort.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button