Local sportSport

Aanhouer wen

Die broers Henro en Marlo van der Walt van Hoërskool Piet Potgieter is bekende gesigte onder die skolefietsryers.

Hulle het op Saterdag, 10 Februarie, die eerste XCO-veldfietsren van die jaar gery by Stanford Lake buite Polokwane.

Henro het Vrydag ’n ongeluk met sy fiets gehad nadat ’n voertuig voor hom ingery het en hy geval het. Sy lyf was styf en vol kneus- en stukkende plekke en sy fiets het skade opgedoen, maar nog steeds het hy besluit om te ry.

Tydens die wedren het sy fiets heeltemal ingegee en het hy vir ’n tweede keer geval. Steeds wou hy nie onttrek nie. Sy deursettingsvermoë besorg aan hom ’n tweede plek in sy afdeling en eerste plek in Limpopo.

Marlu eindig eerste in sy afdeling en in Limpopo.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button