Local sport

HPP-swemmers laat die rekords spat

Die Limpopo-skoleswemkampioenskap is van 27 – 28 Januarie in Tzaneen gehou.

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) -swemmers het altesaam 14 goue medaljes, 22 silwermedaljes, 13 bronsmedaljes en tien vierde plekke ingesamel. Die swemmers wag in spanning om te hoor wie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem.

Jacobus Botha het die 100m-vlinderslagrekord met ’n tyd van 1:02,15 gebreek in die seuns opeafdeling. Fotos: Ettiene Prinsloo
Broer en suster, Micke en Wian Prinsloo, is kranige swemmers, fietsryers én tweekampatlete. Tydens die Limpopo-skoleswemkampioenskap het hulle behoorlik uitgeblink. Micke, ’n leerder aan Hoërskool Piet Potgieter het drie silwer en ’n bronsmedalje gewen en Wian, ’n leerder in Laerskool Krugerpark, het een goud-, drie brons- en vier silwermedaljes verower. Fotos: Ettiene Prinsloo

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button