Local sport

Akademie se karate blitse gradeer

Op Saterdag 2 Desember 2023 het die Waterberg Karate Akademie se Dojo behoorlik weergalm van luide applous en aanmoediging terwyl hul gradering gedoen het.

Een van die afrigters het aan Die Pos gesê dat hierdie nie net bloot ’n gradering is nie, maar ook die viering van harde werk en toewyding.

Die hoogtepunt van die aand was na afloop van die gradering toe daar hulde gebring is vir buitengewone prestasies en provinsiale toekennings gemaak is. Die karatetoekennings moet voldoen aan vyf maxims (kriteria) naamlik karakter, selfbeheersing, opregtheid, poging en etiket.

Leandro Heyns verkry die maxim vir inspanning. Hierdie toekenning beklemtoon die toewyding van Leandro tot die uitoefening van sy vaardighede en sy onvermoeide pogings om homself te verbeter. Melissa Bloemhof is aangewys as die beste senior meisie. Tiaan Jooste ontvang ’n trofee vir sportmanskap. Moshe Montane verower die maxim vir karakter. PJ van Wyk ontvang die trofee vir beste vordering en Danie Heyns, JP Blignaut, Luan Blom word aangewys as beste junior seuns. Brandon Bloemhof stap weg met die trofee vir die beste senior seun. Pretty Mojela ontvang die maxim vir opregtheid en Lizerie Jooste vir etiket. Lohan Prins ontvang die maxim vir selfbeheersing. Andreas Enslin ontvang die trofee vir sportmanskap en Thami Rawane vir die beste beginner.

Hierdie geleentheid bevestig die waardes van karate wat verder as die Dojo strek. Elke student het nie net ’n nuwe gordel bereik nie, maar ook ’n nuwe vlak van selfvertroue, ka-
rakter en respek vir die kunsvorm.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button