Local sport

Warries-atlete wys hul vernuf

Daar is genael, hooggespring, spiese gegooi en gepoog om so ver as moontlik te spring tydens die Warries se interhuis wat verlede Vrydag, 19 Januarie, gehou is.

Hoërskool Warmbad het met groot sukses sy jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms gehou. Die organiseerders het opgemerk dat die deelname vanjaar aansienlik meer is as die vorige jaar. ’n Positiewe gevoel van opwinding het heeldag geheers.

Skoolhoof Louis Cilliers sê hierdie jaar se interhuis was ’n heerlike dag met goeie sportmangees en spanbou geesdrif. Vir die personeel, ouers en leerders was dit ook ’n genotvolle dag.

Passie en krag smelt saam as Juan Snyman sy vernuf wys in die gewigstoot item.
Desiré Jacobs, Mariné van der Westhuizen, en Amelia Neveling sê mekaar die stryd aan in die 100 m.

Hy het beklemtoon dat die leer-ders vanjaar aansienlik meer deelgeneem het as in die vorige jaar. Cilliers het ’n duidelike doel voor oë gehad en gesê:

“Ons doel is om weer ’n uithalerskool te word wat buitengewoon presteer in atletiek soos voorheen.”

Hierdie uitdaging weerspieël die skool se strewe na uitnemendheid en tradisie in sport.

Anuscha Combrink, lyk of sy vlerke het in die verspringput.
Bekalla Nune wys sy spoed, krag en vaardigheid in gewigstoot.

Thinus van der Heever, wat met Die Pos gesels het, het opgemerk dat daar heelwat atlete was wat reeds vroeg in die seisoen uitsonderlike prestasies behaal het. Hierdie individue het nie net hul eie talente gewys nie, maar ook bygedra tot die skool se gees en strewe na prestasie.

Die interhuis het die weg gebaan vir nog beter prestasies later in die seisoen en ook inspirasie vir die Bosveld Interhoër wat Saterdag 24 Februarie by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong plaasvind.

Links: Rentia van der Poll was vinnig en vasberade om haar item te wen. Sy doen die Warries se erekode van Volhard gestand.
Die Warries se topatleet, Pule Sebolao spring hoog en ver.
Amore van der Merwe trap vas en spring!

Sien nog hoogspring-foto’s hieronder:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button