Local sport

Waterberg Karate Academy kraai koning

Die studente van Waterberg Karate Academy in Bela-Bela het op 4 November 2023 ’n indrukwekkende vertoning gelewer tydens die JSKA Afrika-ontwikkelingskampioenskap in Pretoria.

Met ’n totaal van 42 medaljes, het hierdie toegewyde karateka’s nie net hul vaardighede gewys nie, maar ook ’n sterk sportmangees geopenbaar. Die medaljes wat ingeoes is bestaan uit 16 goud, 14 silwer en 12 bronsmedaljes.

Die span het verder stof in die oë van hul teenstanders geskop toe nie minder as 18 lede gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig op die Afrika-kampioenskap wat in April in Namibië plaasvind. Hierdie geleentheid bied nie net ‘n platform vir internasionale blootstelling nie, maar dit is ook ’n eerbetoon vir die harde werk en toewyding van die afrigters en spanlede.

Om hierdie unieke geleentheid vir die spanlede moontlik te maak, is die Waterberg Karate Development Fund NPC gestig en is hul aktief besig om fondse vir die klub in te samel. Die fondse word aangewend om by te dra tot reis- en verblyfskostes van spanlede.

Die gemeenskap word genooi om hand by te sit en ’n bydrae te maak tot hierdie talentvolle karateka’s se deelname aan internasionale kompetisies. Hierdie fonds dra by tot die ontwikkeling van die volgende geslag Suid-Afrikaanse kampioene en moedig ’n gesonde en positiewe lewenstyl aan deur die beoefening van die eeu-oue kunsvorm van karate.

Vir enige navrae oor die fondsinsameling kan Monique Von Stade gekontak word by tel. 078 302 2515.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button