Local sport

Veerpyljie-klub hou jaarafsluiting

Die meeste inwoners van Mookgophong wat graag veerpyltjies gooi, is lid van die Naboom Darts-klub (NDK) en die Naboom Veerpyltjie Assosiasie.

Die twee instansies het die afgelope naweek hul jaarvergaderings en ook die prysuitdeling by Masabe Lodge buite Mookgophong gehou. Dit was ’n heerlike kuieraand waar lede beloon is vir die jaar se harde werk en deelname. Verskeie toekennings soos beste mans- en vrouespelers is in albei die klubs aangewys en verskeie sertifikate en enkele trofeë is oorhandig.

Die sportman van die jaar-toekenning is aan Wally Baker gemaak. Die sportvrou van die jaar is Leonora van der Klashorst. Op klubvlak is Jacques de Ridder aangewys as die beste opkomende speler en Wayne Botes het die trofee ontvang vir die hoogste “toemaak” met 160 punte. Denise van Rooyen is die beste vrouespeler van die jaar in die klub en Wally Baker die beste mansspeler.

Naboom Darts-klub lede: Handré De Ridder en Miena van Rooyen. In die tweede ry is Shaun Botes, Kotie Botes, Leonora van der Klashorst, Leanne Botes, Elaine Croukamp, Miena van Rooyen en Talita van der Klashorst. In die derde ry is Lappies Labuschagne, Dawid Kuhn, André van Rooyen, Dané Cornelius, Hetta de Ridder, Jacques de Ridder, Dirkie Fabian, Shane van Rooyen, Marelize de Ridder en Denise van Rooyen. Agter staan Johan Cornelius, Wayne Botes, Wally Baker en Lol Marais.

Die presidensiële-wisseltrofee vir die meeste ondersteuning en grootste bydra gelewer is aan Leanne Botes toegeken. Die “houtlepel” vir konstante onderpresteerder van die jaar het aan André van Rooyen gegaan. Wally Baker het ook ’n trofee verower vir die meeste punte wat met drie veerpyltjies aangeteken (180) is en Shaun Botes vir sy 171 punte van drie trippel 19’s.

Shaun Botes van die Assosiasie het die trofee vir die hoogste “toemaak” gekry en Wayne Botes en Dirkie Fabian die presidensiële-toekenning. Jaco Rothmann het ’n trofee ingepalm vir die beste opkomende speler van die jaar.

Die klub is in Januarie 2023 gestig en het 31 lede. Die klub vorm deel van die Naboom Veerpyltjie Assosiasie waarvan Baker die president is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button