Local sport

Kwagga-rugbyklub vier ’n suksesvolle rugby jaar

Die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela het op Vrydag 17 November hul jaareindgeselligheid by Hoërskool Warmbad se lapa gehou.

Die geleentheid het ’n terugblik op ’n suksesvolle rugbyseisoen gebied en daar is erkenning gegee aan spelers en afrigters vir hul harde werk. Die klub het ook hul lojale ondersteuners bedank vir hul teenwoordigheid langs die veld.

Die hoogtepunt van die aand was toe die jaarlikse toekennings gemaak is.

Die trofee vir die rugbyspeler van die jaar is toegeken aan Ruben Veldsman. Kabelo Masingi het die beker ontvang as beste tweedespanspeler. Dylan van Rooyen het die toekenning gekry vir beste agterspeler en Jan Mashishi, wat vanjaar van sokker na rugby oorgeskakel het, was die veelsydigste speler.

Kabelo Masingi ontvang die trofee as beste tweedespanspeler van Gerrie Strydom.
Gerrie Strydom oorhandig die jong rugby-speler van die jaar-trofee aan Hannes Fourie.
Dylan van Rooyen ontvang die trofee as beste agterspeler van Gerrie Strydom.
Mynhardt Erasmus ontvang ’n getekende Blou Bul-trui van Chris Goosen.

Larrie Erasmus, die Kwaggas’s se staatmaker-voorspeler, het twee toekennings ontvang. Hannes Fourie is aangewys as die jong rugbyspeler van die jaar.

Chris Goosen het tydens die afsluiting gesê dat hulle vanjaar kookwaterrugby gespeel het, maar beplan om aanstaande jaar nóg beter rugby te speel.

Belangstellendes wat deel wil wees van die volgende opwindende rugbyseisoen kan vir Chris Goosen bel by tel. 083 236 4338.

Jan Mashishi (regs) ontvang die trofee as veelsydigste speler van die jaar.
JD Jansen van Vuuren ontvang die klubkaptein-trofee van Gerrie Strydom.
Gerrie Strydom oorhandig die voorspeler van die jaar-trofee aan Larrie Erasmus.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button