Local sport

Dansers gaan vernuf oorsee wys

Die LPD-dansstudio, wat takke in Bela-Bela en Modimolle het, het agt talentvolle jong dansers wat die studio in Oktober by die American Dance Awards se streekkompetisie verteenwoordig het.

Hierdie dansers het uitmuntende prestasies behaal en is genooi om Suid-Afrika tydens die American Dance Awards (nationals) in Rhode Island, VSA, te verteenwoordig. Hierdie prestasie beklemtoon die puik afrigting en toewyding van dansers op die platteland.

Die dansers is Emily Grobler, Alexi Grobler, Zelmia Cornelius, Orabile Pilane, Lee-Anne Pretorius, Dineo Pilane, Anelrie Nienaber en Joanelle Visagie. Hulle het die beoordelaars bekoor met hul puik danspassies en is genooi om hul talent op internasionale verhoë bekend te stel.

Emily Grobler.
Anelri Nienaber.

Die LPD-dansstudio het verskeie fondsinsamelingsprojekte aangepak om die dansers die geleentheid van ’n leeftyd te bied.

Een van die opwindende fondsinsame-lingsprojekte is “Die Wiele Dag” wat op Vrydag 1 Desember by Dorsland Restaurant & Craft Bar in Modimolle plaasvind. Kinders van 2-7 jaar kan aan ’n motorfietsrykompetisie deelneem.

Lee-Anne Pretorius.
Zelmia Cornelius.

Daar is ook aktiwiteite vir kinders van 8 jaar en ouer wat hulle sal laat kraai van plesier.

Die dag bied aan die gemeenskap die geleentheid om die dansers te ondersteun by hul onderskeie stalletjies wat tuisgemaakte produkte insluit.

Inwoners word versoek om die dansers te ondersteun en hul drome van ’n optrede op internasionale vlak moontlik te maak.

Alexie Grobler.
Dineo Pilane.
Orabile Pilane.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button