Die sporttalent loop dik deur die are van twee sussies van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle. Mieke Visagie is aangewys as die top o.9-sportmeisie van die landswye Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) en haar sussie Juanele is aangewys as die top o.11-sportmeisie.