Local sport

3D-boogskietkompetisie by Sediba

Die tradisionele vaardigheid van boogskiet vereis ’n besondere mate van beheersing en konsentrasie.

Een groep wat hierdie kuns met passie beoefen, is OogBoog. Hierdie groep kom weekliks by Die Oog- aftreelandgoed buite Mookgophong byeen onder die leiding van die bekwame skut Kobus Kleynhans.

OogBoog het op Saterdag 11 November ’n suksesvolle 3D-kompetisie by Sediba buite die dorp aangebied. Die kompetisie het die vaardigheid van die deelnemers getoets en ook die gemeenskap van skuts van Limpopo, Gauteng en Noordwes saamgebring. Altesame 20 skuts het aan die kompetisie deelgeneem.

Die wenner in die mansafdeling, Henk du Plessis, lê aan op ’n teiken.

Die kompetisie is met die ondersteuning van 13 plaaslike sakeondernemings en individue moontlik gemaak. Ruim borgskappe en pryse het die kompetisie vir die deelnemers baie aantreklik gemaak.

Die baan is opgestel met 15 3D-diereteikens wat die deelnemers twee keer moes deurloop om ’n totaal van 600 punte op te lewer.

Die wenners in die mansafdeling was Henk du Plessis (518 punte), Rean Steenkamp (480 punte) en Erick van Jaarsveld (446 punte). Die wenners in die vroue-afdeling was Anneke Kleynhans (434 punte), Nadina Coetzee (386 punte) en Leanne Cardoso-Lopes (338 punte).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button