Local sport

Silwer vir gewigopteller

Die geheim tot sukses lê nie in altyd in brute krag nie, maar in tegniek.

Die 30-jarige Charles Coetser van Modimolle het op Saterdag 28 Oktober ’n silwer medalje tydens die Suid-Afrikaanse gewigoptelkampioenskap in Randburg verower.
Hy het deelgeneem in die ope-kategorie (19 tot 35 jaar) in die 81 kg-afdeling.

Hy het in totaal 215 kg bo sy kop gelig. In die “snatch” afdeling, waar deelnemers die gewig in ’n enkele beweging met ’n wye greep op die stang tot bo hul koppe moet lig, het hy 95 kg opgetel. In die “clean and jerk”- afdeling, waar die gewigopteller ’n nouer greep op die stang het en die gewig eers van die grond af tot by die skouers en daarna met ’n rukbeweging tot bokant die kop lig, het hy 120 kg opgetel.

Coetser het in 2017 by Koos Henning se gimnasium, Henning Fitness Studio, in die dorp begin oefen.

Nolene Schlemmer.

“Nadat ek ’n jaar lank geoefen het, het hy gevra of ek belangstel om te leer om gewigoptel te doen.”

Henning is ’n legende in dié sportsoort en het Suid-Afrikaanse rekords opgestel wat steeds staan.

“Ek het nooit gedink dat ek ’n gewigopteller kon wees nie. Ek was op skool maar ’n skraal outjie en het 55 kg in matriek geweeg. Ek was nie baie sportief nie. Nadat ek ’n ruk lank geoefen het, het die gogga my gebyt en ek is nou mal oor hierdie sport. Ek het daarvan gedroom om net die Suid-Afrikaanse span te haal, nie eens daaraan gedink om ’n medalje te kry nie,” het Coetser gesê.

Dié plaasbestuurder sê fisieke werk hou hom aan die gang.

“Met ’n klein babatjie in die huis is dit soms moeilik om by die oefening uit te kom!”

Hy sê hy hou daarvan dat die fisieke aspek net een deel van die sport is.

“Jy moet jou brein ook inspan en op jou voete dink. Een klein beweging wat jy verander, kan ’n groot verskil maak. Jy moet baie hard konsentreer as jy voor ’n klomp mense gewigte moet optel.”

Nolene Schlemmer, ’n gr. 11-leerder aan Hoërskool Nylstroom, het dieselfde naweek aan die Afrika-juniorkampioenskap in Egipte deelgeneem waar sy ses silwermedaljes verwerf het.

Schlemmer het in Augustus aan die jeug- en die junior-gewigoptelkampioenskap deelgeneem waar sy in haar gewigskategorie eerste plekke verwerf het in die jeug- en die junior-afdeling.

Sy is aangewys as die algehele beste vroue jeug- en juniorgewigopteller in die land. Sy word ook deur Henning afgerig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button