Local sport

Nylies bring die beker huis toe!

Laerskool Nylstroom se eerste seunstennisspan het as Limpopo-kampioene teruggekeer huis toe.

Die tennisspelers het op Saterdag 25 Oktober sake in Polokwane uitgespook. Die vier skole wat deurgedring het na die finaal was Laerskool Nylstoom, Laerskool Warmbad, Laerskool Unicorn en Laerskool Pietersburg-Oos. Anders as met ander sportsoorte, word die tennisliga nie volgens skole se grootte bepaal nie, maar almal in die provinsie neem op gelyke voet teen mekaar deel.

Die klein Nylies het in die finale ronde teen Laerskool Pietersburg-Oos te staan gekom en gewen. Hulle was onoorwonne die seisoen.

Die spelers van Laerskool Nylstroom se eerste meisiespan is Rolande Kirstein, Arné Oosthuizen, Carla Erasmus en Lize van der Walt. Hulle het derde in die provinsie geëindig.

“Ons is baie trots op die seuns se integriteit, puik sportmangees en uithouvermoë. Dit is ’n voorreg om so ’n prestasie te kan vier. Ons bedank ook al ons nuwe tennismaats regoor die provinsie vir al die wedstryde, ver ry en ’n seisoen van harde tennis,” het Tanya Verhoeven, die onderwyser wat hulle die seisoen bygestaan het, gesê.

Die eerste meisiespan het ’n derde plek in die liga behaal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button