Local sport

Ry dat die stof so staan!

Die Sonstraalskool vir Buitengewone Onderwys in Modimolle se jaarlikse 4x4-dag wat op Saterdag 16 September by Aardwolf gehou is, het besonder goed verloop.

Hierdie is ’n belangrike fondsinsamelingsprojek vir die skool.

Daar was strawwe kompetisie en agterna is daar ’n veiling gehou en pryse oorhandig.

Die topses was GS du Toit, Lennie Aspeling, Toit du Toit, André Groenewald, Nico de Villiers en Calvin van Aswegen.

Die skool bedank almal wat hulle tydens die dag ondersteun het. Inwoners wat graag betrokke wil raak, kan vir Hantie van Aardt (skoolhoof) bel by tel. (014) 717 4331 of tel. 083 612 0975.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button