Local sport

Eerste Hankook-Hilux-fees kook

Die eerste Hankook Hilux-fees is van 13 tot 15 Oktober deur Trio Events by Sondela-natuurreservaat en Spa net buite Bela-Bela aangebied.

Hoewel die Hilux-fees met die Wêreldbeker-rugby-aktiwiteite oorvleuel het, was daar nog steeds 308 geregistreerde Hilux-voertuie teenwoordig met talle ander Toyota-eienaars wat die fees as dagbesoekers bygewoon het.

Die grootste aantrekkingskrag was natuurlik die LA Sport Pretoria Action Arena-baan waar LA Sport verskeie prettige aktiwiteite aangebied het. Hilux-eienaars het teen mekaar op ’n informele basis meegeding en vir hope vermaak gesorg.

Daar was verskeie uitstallers op die terrein wat keurprodukte uitgestal het en van die land se bekendste kunstenaars het opgetree. Sondela het hul oord bemark en lekker aktiwiteite op hul pragtige terrein aangebied.

Die afdelings waarin pryse toegeken is:

  • Oudste model Hilux: Jan Veldsman met ’n 1983 Legend.
  • Eerste aanlyninskrywing: Riaan Beekman.
  • Hilux met die hoogste kilometerlesing: Nico Janse van Rensburg (570 000 km).
  • Deelnemer wat die meeste Hilux-voertuie ingeskryf het (totaal van 5): Leon Masimela jnr.

Daar sal beslis weer in 2024 iets soortgelyks by Sondela aangebied word met dalk ’n paar verbeteringe en veranderinge.
Die organiseerders bedank graag ieder en elke borg en mediavennoot wat betrokke was en sien uit om weer aanstaande jaar hande te vat.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button