Local sport

Oud en jonk geniet Warrieloop

Die eerste Warrieloop is op Donderdag 12 Oktober gehou waar oud en jonk saamgestap het.

Daar was selfs viervoetige vriende wat die pretloop saam geniet het.

Die Warrieloop is die inisiatief van Hoërskool Warmbad om die gemeenskap bymekaar te kry om in goeie gees die pretloop van 5 km aan te durf.

Sommige deelnemers het hul honde saamgebring om te deel in die pret.

Die organiseerder, Chené Benadie, sê die skool beoog om die Warrieloop elke kwartaal aan te bied en om die geld wat ingesamel word, vir liefdadigheid aan te wend.

Die deelnemers kon na afloop van die staptog smul aan heerlike eetgoed en hul dors les met ’n koue koeldrank terwyl hulle met ou en nuwe vriende kuier.

Die Warrie Wolwe het ook die staptog aangepak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button