Local sport

Kom toetsbestuur nuwe 4×4-baan

Viertrekvoertuigeienaars sal die nuwe baan wat tans by die Mbizi-natuurreservaat ontwikkel word baie geniet.

Hannes Coetser van die Waterberg-klub is opgewonde oor die baan wat gereed sal wees wanneer die Kraal Makiti-fees op Vrydag 27 Oktober afskop.

Die fees word die hele naweek gehou en beloof om baie pret te wees. Hy nooi alle 4×4-liefhebbers uit om die baan aan te durf.

“Dit is ’n heerlike gesinsport wat die familie saam kan geniet. Die klub sal die volgende vyf jaar die baan instand hou en beplan om verskeie kompetisies en saamtrekgeleenthede daar te hou,” het Coetser gesê.

Eienaars van viertrekvoertuie wat by die klub wil aansluit, kan Coetser bel by tel. 076 518 7295.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button