Local sport

Wenplekke vir dié plaaslike gimnaste

Die gimnaste van die Marshall Sport Academy in Mokopane het op Saterdag 2 September aan ’n provinsiale artistieke kompetisie in Thabazimbi deelgeneem.

In die vlak vyf-afdeling het Chloe Hüman ’n eerste plek op die brug en in spronge verower en ’n derde plek op die balk behaal. Sy het algeheel tweede geëindig. Christine Lee het ’n derde plek in spronge gekry, asook op die balk. Sy was tweede in haar vloerroetine en het algeheel vierde geëindig.

In die vlak vier afdeling het Kayla Hüman ’n tweede plek op die brug gekry en ’n derde plek vir haar spronge. Sy het algeheel vyfde geëindig. Kebotile Makololo was algeheel sesde en Thuto Mohuba agtste.

Al die gimnaste het vir die Limpopospan gekwalifiseer en sal in Oktober aan die Gym Games in Johannesburg deelneem.

Christene Lee7

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button