Local sport
Jukskeispanne keil mekaar op
Die Limpopo-jukskeiliga het op Saterdag 9 September by die Tarentaleklub se bane op Mokopane afgeskop.
Die spelers het vroegoggend in goeie gees begin om te kyk of hulle die pen kan tref. Die spanne wat deelgeneem het, was die Tarentale, Soutpan, Pietersburg, Voetstoots, Naboom, Die Oog en ook ’n span van Bela-Bela.
Die A-afdeling is gewen deur die Tarentale en die B-afdeling se wenners was die span van Die Oog. Die C-afdeling is deur die Naboomspan gewen.