Local sport

Limpopo-kleure vir flink gimnas

Christine Lee van Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane is ’n top gimnas wat rats is en ook vinnig kan beweeg.

Christine Lee in aksie.

Sy het onlangs haar Limpopo-kleure verwerf in Parkour en gaan in Oktober aan die nasionale Parkour-kampioenskap deelneem.

In Parkour moet die deelnemers so vinnig as moontlik met waaghalsige en flambojante bewegings oor verskeie struikelblokke kom deur byvoorbeeld te duik, spring en klouter.

Die naam Parkour is afkomstig van die Franse woord “parcours” wat pad beteken.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button