Local sport

Jukskeispelers ken van korrel en gooi

Die knap jukskeispelers van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) in Mokopane het vanjaar vir die eerste keer aan die Limpopo-skole jukskeiliga deelgeneem en stof in die oë van die ander spanne geskop.

HPP wen die trofee met ’n groottotaal van 706,5 punte en onttroon Hoërskool Pietersburg (vorige wenners) wat tweede eindig met 319,5 punte.

Die o.19-seunsspan van HPP — bestaande uit Evan Pretorius, Timmy Verster, Anro Liebenberg en Jacobus Botha — tree uit as wenners en dring deur na die direkteurstrofee-kompetisie wat op Saterdag 16 September plaasvind.

Die o.19B-seunsspan, o.19- en o.16-meisiespanne en ook die gemengde span, is naaswenners in die liga.

Die jukskeispelers en hul afrigters van Hoërskool Piet Potgieter glimlag breed nadat hulle die Limpopo-skole jukskeiliga gewen het.

Die volgende spelers is aangewys as uitblinkers tydens die ligabyeenkoms: Kaylen Wessels, Megan van Heerden, Evan Pretorius, Jacobus Botha, Reghardt Human, Carlia Nel, Kayla en Bianca van der Horst, Bernice Erasmus en Michael Jooste.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button