Local sport

Tarentale ‘kook’ by jukskei-driespel

Die Tarentale-jukskeiklub in Mokopane, het op Saterdag 19 Augustus ’n driespel-kompetisie gehou wat deur spanne van Pretoria, Bela-Bela, Modimolle, Mookgophong, Thabazimbi, Soutpansberg, Mokopane en Polokwane bygewoon is.

Daar het in totaal 11 spanne in die A-afdeling, 11 in die B-afdeling en nege in die C-afdeling gespeel.

Die naaswenners in die A-afdeling was Jannie Opperman, Hardus en André Ross. By hulle staan De Graaf Genis (klubvoorsitter is heel links).
Die algehele tweede plek in die B-afdeling is verower deur Ian van Deventer, Pieter du Plessie en Hendrik Nel. Saam met hulle is De Graaf Genis tydens die prysuitdeling.
André Coetzee, Danie de Beer en Johan Kleingeld staan trots as die wenners wat in die B-afdeling geseëvier het. Heel links by hulle staan De Graaf Genis.
Justin van Deventer, Lindi Schoonwinkel en Jan Smal het uitgestaan in die C-afdeling en het as die algehele wenners uitgetree. Hier wens De Graaf Genis, voorsitter van Tarentale-jukskeiklub hulle geluk.

Related Articles

Back to top button