Local sport

Jukskei-legendes vereer

Die tweede Legende-jukskeidag is onlangs by Die Oog-aftreelandgoed buite Mookgophong gehou met jukskeispelers van regoor die land wat saamgespeel het.

Die bane was vol met 64 spelers wat deelgeneem het in twee afdelings, naamlik Goue- en Silwer-legendes. Die doel van die dag was om legendes in die jukskei-wêreld te vereer. Dit is almal mense wat deur hulle spel, gesindheid en sportmangees dié sportsoort bevorder het.

Lida Genis van die Tarentale-jukskeiklub in Mokopane vertel die saamtrek het met ’n gala-aand by die Libertas-vakansieoord begin. Die spelers kon smul aan ’n uithaler-ete wat voorberei is deur Lalele-restaurant.

Die drie legendes wat vereer is, is Basjan du Preez, Kitty Fleischman en Hansie Grobler (lewende legende). Bets Hansen, jarelange nasionale speler, het hulde aan Fleischman gebring. Gerhard du Preez het hulde aan sy pa, Basjan du Preez (oud-speler van Noord-Vrystaat) gebring en André Grobler aan Hansie Grobler (oud-speler van Gauteng-Oos).

Rina Colyn van Die Oog-jukskeiklub wys haar vernuf.

Lida sê Saterdag se spel het in ongure weer plaasgevind, maar die gees onder die spelers was warm en almal het die dag baie geniet. Spelers het in gekombineerde spanne gespeel. Na afloop van sewe wedstryde is die eerste drie plekke in elke afdeling aangewys.

In die Goue-afdeling was die span van Zeiss (spelers van Noordwes en KwaZulu-Natal) die wenners, die Legendespan (Springbokvroue van 1995) in die tweede plek en Thaba Noka (spelers van Limpopo en Noord-Vrystaat) derde. In die Silwer-afdeling was die span van Ford (Mpumalanga- en Wes-Rand-spelers) eerste, Haval (Wes-Rand- en Limpopo-spelers) tweede en Familia 2 (Gauteng-Oos- en Limpopo-spelers) derde.

Die bestuur van Limpopo-jukskei wil hiermee hulle dank betuig aan die president van Jukskei Suid-Afrika (JSA), Nico Nel, wat die kameras vir die lewendige uitsending, asook die puntestelsel, behartig het. Groot dank ook aan al die borge, spelers, toeskouers en inwoners wat die stalletjies beman het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button