Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die senior fietsryspan het die Hansies se naam hoog gehou by die Limpopo-skole MTB XCO-reeks wat deur Hoërskool Tom Naudé aangebied is. Links is Karli van Wyk (junior meisies: derde), Chantelle Gouws (junior meisies: eerste), Chris Shields (junior seuns: tweede), André Brits (senior seuns: 14de) en Siegfried Venter (senior seuns: 22ste). Afwesig: Stefan van Zyl (junior seuns: 10de). Foto: Riana Potgieter

Henlu van der Heever, ’n kranige fietsryer van Hoërskool Warmbad, het baie goed presteer tydens die King Price Trailseeker-fietswedren wat in die Sondela-natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela gehou is. Henlu het die 40 km-rit binne 01:30:00 voltooi wat werklik ’n goeie prestasie is.
Hoërskool Warmbad is baie trots op een van hul steratlete, Bongani Tshabala, wat in Julie op internasionale vlak aan ’n driekamp-byeenkoms in Hongarye (Europe Tour) en ook in Duitsland (Sprint World Championships) deelgeneem het. Bongani het algeheel 20ste geëindig in Hongarye en in Duitsland was hy algeheel 18de. Hy beklee tans die 12de posisie onder die topatlete in Suid-Afrika in sy afdeling. Op die Afrika-kontinent is hy in die sesde plek en in Europa is hy in die 61ste posisie.

Hoërskool Warmbad is baie opgewonde om nog ’n Warrie, Daniel Verster, se internasionale deelname dop te hou. Daniel is onlangs gekies vir die o.19 SA Hokkie Bokkie-span. Die span neem in Oktober in Spanje deel aan ’n internasionale toernooi.
Valerie Monulu from Hoërskool Warmbad competed in the recent Karate Africa Cup of the South African Japan Karate Association (SAJKA). She won a bronze medal in kumite and was awarded Protea colours during the event.
Pule Sebolao, a talented rugby player from Hoërskool Warmbad, represented his school and Limpopo during the u.18 Craven Week competition that was held in George in July. Pule was one of the key players in the Limpopo Blue Bulls Cravenweek team.

Drie landloopatlete (bo en onder) van Hoërskool Warmbad, Reaboka Pheeha, Keyen Uys en Lethabo Simango, het einde Julie aan die interprovinsiale landloopbyeenkoms by Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal deelgeneem. Lethabo het sy skool se naam hoog gehou en was algeheel 11de in die o.20-ouderdomsgroep.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button