Local sport
Dié vroue skiet raak!
Die Bosveld Jagtersvereniging (BJV) se Water-bergtak het op Woensdag 9 Augustus ’n skietkompetisie by die Warmbad-skietbaan gehou waar vroue van die omgewing hul vernuf met vuurwapens kon wys.
Die mans is vriendelik gevra om liewer agter die braaivleisvure te staan vir die dag. Daar was 25 vroue en vyf junior meisieskuts wat deelgeneem het.