Local sport

Enjins brul in Delmas

Die ysige temperature het die veldryers van Team Gravity in Modimolle glad nie teruggehou nie en hulle was vuurwarm tydens die Gauteng Xross Country Club se vierde ronde in Delmas.

Die span motorfietsgeesdriftiges het op Saterdag 22 Julie die uitdagende baan aangepak.

Ruann Muller het ’n derde plek in die Q1-afdeling behaal (ouer as 16 jaar met ’n motorfiets met maksimum kapasiteit van 450 cc) en Tinus Coetzer was tweede in die Q2-afdeling (ouer as 18 jaar en enjinkapasiteit meer as 450 cc). Shaun Coetzer was sewende nadat hy meganiese probleme met sy motorfiets ondervind het.

Armand Botha het die eerste plek losgejaag in die 65 cc Rookie-klas (vir kinders van 7 tot 12 jaar).

In die Senior 85 cc-klas (12 – 16 jaar) was Willem Botha in die agtste plek, Matthias Thienpont 10de en Dylan Bezuidenhout 14de nadat sy motorfiets probleme gegee het.

Tiané Thienpont het die derde plek ingepalm in die Junior 85 cc-klas (8 tot 13 jaar).

Janes Jansen was derde in die OR 2 PRO 250 cc-klas (18 jaar en ouer) en in die OR 4 (13 – 15 jaar) was Dylan Bezuidenhout vierde en Matthias Thienpont negende. In die OR 3 Pro 200 cc-klas (16 jaar en ouer) het Stephan Smit in die agtste plek geëindig.

In die OR Pro-Am 3 200 cc-klas (16 jaar en ouer) was Dean Botha sesde en in die Seniors Pro-klas het Pierre Buchholz (snr.) ’n vyfde plek behaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button