Local sport

Dié rolbalklub rol vooruit vir splinternuwe klubhuis

Daar is ’n gewerskaf by die Nylstroom-rolbalklub.

Rolbal het só gewild onder oud en jonk geword dat daar veranderinge aangebring word om die klubhuis te vergroot.

Dit is veral die klub se sakeliga wat op Donderdae sosiaal meeding wat groot aftrek kry.

Die klubhuis se kroeg-area word vergroot en die kombuis se stoorruimte het ook heelwat groter geword.

“Daar is tans 28 spanne (met vier spelers elk) ingeskryf in die sakeliga. Dit is ’n baie gewilde samekoms vir inwoners van die dorp waar hulle kan ontspan en gesellig verkeer,” het Louise Potgieter, ’n lid van die klub, gesê.

Die sakeliga skop in September af en vind op Donderdae vanaf 17:30 vir 18:00 plaas. Spanne wat belangstel sal op ’n waglys geplaas word.

Die rolbalklub se aansluitingsfooie verminder ook drasties vir diegene wat slegs sosiaal wil speel en nie aan ligas of toernooie wil deelneem nie. Sosiale spelers betaal R600 per jaar vir lidmaatskap. Spelers wat aan die liga wil deelneem, se jaarlikse ledegelde beloop R1 800.

Die winterspeeltye vir sosiale byeenkomste is op Maandae om 14:30 vir 15:00 en op Woensdae en Saterdae om 13:30 vir 14:00.

Vir meer inligting, bel vir Hennie Greyling (president) by tel. 084 872 9759 of vir Elize Heyneke (sekretaresse) by tel. 082 446 4307.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button