Local sport

Skuts mik vir kolskote

Die Bosveld-jagtersvereniging (BJV) se Waterberg-tak het op Saterdag 22 Julie ’n haelgeweer-skietkompetisie by die Waterberg-skietbaan op die Alma-pad buite Bela-Bela gehou.

Die skuts het hul vaardighede op die proef gestel en die wat die meeste kleie getref het, is as wenners aangewys.

Die skuts se finale puntelling bring hulle in aanmerking vir die gesogte Gerrie van der Westhuizen-wisseltrofee wat later vanjaar aan die topskut tydens die BJV se afsluitingsgeselligheid oorhandig sal word.

Pa en seun, Wors en Paul Prinsloo van Settlers, het saam in die algehele tweede plek geëindig in die BJV se haelgeweerskietkompetisie. In die middel is Francois Marais van die BJV.
Skut Herman Bonsma het ’n welverdiende derde plek verower by die BJV se skietkompetisie by die Waterberg-skietbaan. Hier wens Francois Marais van die BJV hom geluk met sy prestasie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button