Local sport

BJV hou weer skietkompetisie

Die Bosveld-jagtersvereniging (BJV) se Waterberg-tak hou op Saterdag 22 Julie ’n haelgeweer-skietkompetisie by die Waterberg-skietbaan.

Die skietbaan is op die Alma-pad net buite Bela-Bela geleë.

Skuts kom om 07:30 bymekaar.

Die koste beloop R350 per skut en sluit ’n ete in. Elke skut ontvang 50 kleie en skuts kan soveel ammunisie saambring as wat hulle wil.

Die topskuts sal in aanmerking kom vir die gesogte Gerrie van der Westhuizen-wisseltrofee. Saterdag se wenners sal ook met groot pryse wegstap.

Vir navrae kan mense Francois Marais bel by tel. 082 339 4181.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button