Die Oog-span het die ander spanne gewys wie is baas en het die kompetisie oortuigend gewen. Die span bestaan uit Willie Jonker, Fanie van Zyl, Johan Kleingeld en Fi Matfield. Saam met hulle staan Hannes du Plessie, Negester-klubvoorsitter.
Daar het 18 spanne aan die kompetisie deelgeneem.
Plaaslike spanne wat ingeskryf het, was die klubs van Leeupoort, Bella Bos, Kokanje, Die Oog, Naboom en Negester.
Die ander span van Negester-jukskeiklub wat die tweede plek behaal het in die kompetisie, is Martin Scheiffer, Sandra Fritz, Willie Humphries en Andy Anderson. Hannes du Plessie, klubvoorsitter het hul prys oorhandig.
Die Naboom-klub het ’n welverdiende derde plek verower. Willem van Deventer, Herman Venter, Bokkie Trollip en Pieter du Plessie het die klub verteenwoordig. By hulle is Hannes du Plessie, Negester-voorsitter.