Local sport

Hokkiebokkies is wenners in Limpopo

Die tweede hokkiespan van Hoërskool Hans Strijdom het hulle vanjaar goed van hul taak gekwyt en as wenners van die grootskole-liga in Limpopo uit die stryd getree.

“Ons is baie trots op elkeen van hierdie meisies wat tot die einde hul beste gegee het in die wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer,” het Lebu van Heerden, adjunkhoof sport van die Hansies, gesê.

Die Hansiespan het in hul uitspeelwedstryd teen Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal met 1-0 gewen. Hoërskool Frikkie Meyer het in hul uitspeelwedstryd teen Hoërskool Ellisras geseëvier.

Die finale stryd was gelykop. Geen span het doele aangeteken nie. Volgens ligarëels moes die wedstryd met ’n strafdoel (penalty shoot-out) beslis word. Elke span kan vyf spelers aanwys om een-een ’n strafdoel te probeer inslaan terwyl die ander span met al die spelers keer. Charné Verster en Mikyla Gower het elk ’n doel aangeteken. Die finale telling was 2-0 in die Hansies se guns.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button