Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Sarelize Pienaar op haar perd, Holiday, het eerste in haar kategorie tydens die Mounted Western Games in Polokwane geëindig. Sy is André Venter se afrigter en ook van die klub Thundering Hooves.

Die jaarlikse Hankook Landcruiser- en Afrika-rekordfees het baie besoekers na die Sondela-natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela gelok. Die organiseerders poog al 11 jaar lank om elke jaar ’n nuwe rekord op te stel vir die meeste Landcruisers op een perseel. Daar was altesame 401 voertuie by vanjaar se byeenkoms. Die rekord staan steeds op 523. Die organiseerders is dankbaar teenoor elke besoeker en
Landcruiser-eienaar wat die naweek meegemaak het. Foto: Trio Events

Die Nylstroom-rolbalklub het die gewilde Kranskop Sesse-toernooi aangebied. Een van die tuisspanne bestaande uit Willem van Hulst, Helen West, Robert Marshall, Leonie Croeser, Steve Botha en Hennie Greyling het ’n vierde plek ingepalm.
Tydens die Kranskop Sesse-rolbaltoernooi wat vanaf 11 tot 13 Mei deur die Nylstroom-rolbalklub aangebied is, het Ernest du Plessis, Wikus Botha, Antonie Abrahamse, Rodney Robinson en Cois Armer derde uit tien spanne geëindig. Afwesig: Hannie Sevenster.

Hoërskool Nylstroom se tweede rugbyspan is ná ’n harde seisoen as Limpopo-ligawenners aangewys. Die Nylies neem deel aan die afdeling 3-Noordvaal Trofee-liga. Vyf spanne van die skool is deur na die finale rondes. Die o.14-, o.15-, o.16- en die eerste span gaan deur na die finale rondes wat ná die skoolvakansie gespeel word. Die tweede span word afgerig deur Jacques Jansen van Rensburg en Johan Kruger.

Die Koro Creek-seniorsgholfklub het op Dinsdag 6 Junie hul maandbyeenkoms by die Koro Creek-gholfbaan gebou. Die Junie-kompetisie is gewen deur Piet van Vuuren wat met die Haval-maandbeker weggestap het. Afgetrede gholfspelers word genooi om by die klub aan te sluit en elke eerste Dinsdag van die maand goeie geselskap en sportmangees op die gholfbaan te geniet.

Die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela het op Vrydag 9 Junie ’n puik wedstryd teen Vaalwater-rugbyklub gespeel. Die Kwaggas het geseëvier met 43-10. Henri van Aswegen, adjunkpresident van die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU), het die wedstryd bygewoon en self die spelers se wedstrydtruie gehelp uitdeel. Dylan van Rooyen, Kwagga-speler, is ná die kragmeting as man van die wedstryd aangewys en daarmee ’n lekker kontantprys losgeslaan. Saam met hom is sy ma, Manette.

Verskeie rolbalspanne het op Saterdag 10 Junie vir die Warmbad-rolbalklub se Big Bash-toernooi opgedaag. Die spanne het gelyke geleenthede om hul punte te verdubbel vir daardie spanne wat agter geraak het in die kompetisie. Die wenners van die toernooi was Glynn Fourie en Marius Ras van Pretoria. Die naaswenners was Hennie Greyling en André Kruger van Modimolle. Die spelers het die toernooi baie geniet en was beïndruk met die baanoppervlak en gasvryheid in Bela-Bela.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button