Local sport

Jong ryers vaar goed in veldrenne

Die motorfietsenjins het weer gebrul tydens die Gauteng Xross Country Club se derde ronde veldrenne wat op 16 en 17 Junie by Radium gehou is.

Motorfietsryers van die plaaslike klub, Team Gravity, het uitstekend gevaar.

Ruann Muller het ’n derde plek in die Q1-afdeling (ouer as 16 jaar met ’n motorfiets met ’n maksimum kapasiteit van 450 cc) losgery. Shaun Coetzer was derde in die Q2-afdeling (ouer as 18 jaar en enjinkapasiteit meer as 450 cc) en Tinus Coetzer vierde.

Armand Botha was eerste in die 65 cc Rookie-klas (vir kinders van 7 tot 12 jaar) en Willem Botha was derde, Matthias Thienpont agtste en Dylan Bezuidenhout negende in die senior 85 cc-klas (12 – 16 jaar).

In die junior 85 cc-klas (8 tot 13 jaar) het Tiané Thienpont ’n derde plek, Pierre Buchholz ’n dertiende plek en Heinrich Janse van Rensburg ’n agtiende plek behaal.

In die OR4-klas (13 tot 15 jaar) het Dylan Bezuidenhout sesde geeïndig en in die OR 3 Pro-klas (200 cc vir sestien jaar en ouer) het Stephan Smith ’n twaalfde plek gekry. Dean Botha was sesde

in die OR Pro-Am 3-klas (200 cc vir sestien jaar en ouer) terwyl Pierre Buchholz snr. Ook ’n sesde plek in die afdeling vir Seniors Pro (ouer as 36 jaar) gewen het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button