Local sport

Plaaslike langasems draf Comrades kaf

Hoewel daar vanjaar maar min plaaslike atlete aan die uitdagende Comrades-marathon in KwaZulu-Natal deelgeneem het, is diegene wat klaargemaak het, baie trots én verlig.

Die 96ste Comrades-marathon is op Sondag 11 Junie gehou.

Luidens die Comrades-webtuiste het slegs 11 714 atlete uit die 15 998 wat geregistreer was om deel te neem, die afstand voltooi.

Drie atlete van Bela-Bela was deel van die gelukkiges wie se asems en bene tot by die eindstreep gehou het.

Tjaart Oosthuizen.

Tjaart Oosthuizen het sy agtste Comrades voltooi. Hy het die wedloop in 08:50 afgelê.

Twee ander atlete, Cobus Deetlefs en Steven de Villiers, het albei hul eerste Comrades aangepak.

Steven de Villiers.

Deetlefs sê hy het nie werklik geweet waarvoor hy homself inlaat nie, maar het besluit om teen ’n gemaklike pas te hardloop. Hy het ná 10:20 oor die eindstreep gedraf.

De Villiers het die wedloop in 11:43 voltooi.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button