Local sport

Modder spat by ‘Klou en Grou’-dag

Kobus en Santie Smit, boere van die Roedtan-omgewing, het agt jaar gelede ’n viertrek-uitdagingsprojek geloods om geld in te samel vir die Hervormde Kerk in Roedtan.

Op Saterdag 20 Mei is die “Klou en Grou”-dag weer met groot sukses op die plaas van Albert Pienaar, ongeveer 4 km buite Roedtan, op pad na Mookgophong (R519) aangebied. Mense het van oral gekom om die dag vol pret en manewales by te woon.

Die roete was een en ’n halfuur tot twee ure lank en het bestaan uit verskeie hindernisse. Om 11:00 het ’n meer uitdagende hinderniswedren begin en kon die bestuurders punte verdien.

Volgens Smit het 33 voertuie ingeskryf en deelnemers het die toegangsgeld van R350 per voertuig met ’n glimlag betaal, want die pret was meer werd.

“Die Springbokvlakte is plat, maar vir seker nie gelyk nie. As jy ons nie glo nie, kom kyk self,” het Pienaar gesê. Toeskouers kon vooraf braaipakkies bestel. “Ons het dit vyf jaar lank aangebied en daarna oorgegee vir Laerskool Bysonderheid op Roedtan as fondsinsameling. Hulle het dit twee jaar lank aangebied en vanjaar was die eerste keer dat die Roedtan Opvoedkundige Forum (ROF) dit gehou het ten bate van barmhartigheidsdiens, veiligheidskameras se onderhoud en onderhoud van noodvoertuig,” het Santie gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button