Local sport

Aanhou en uithou vir ruiters en perde

Die Waterberg-uithouritklub het op Saterdag 6 Mei gewys dat hulle hul sit ken op ’n perd se rug.

Altesame 13 ruiters van dié klub in Modimolle het deelgeneem en almal het die rit voltooi.

Die Premier-klub bied jaarliks twee uithouritte by die Sondela-natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela aan.

Die Waterberg-ruiters hou van die ritte, want hulle is gewoond aan dik sand en geniet die Bosveldson.

Daar is verskillende afdelings en ook afstande waaraan die ruiters deelneem.

Jurgens Viljoen het met sy perd Whisper die 40 km voltooi. Die vroueruiters het ook gewys hulle het murg in hul pype.

Janie Stapelberg op die rug van Sanniesguns Miracle, Anché Nel op Arkab Frieda en Marietjie van der Merwe op Deo Gratias Zeena het die 40 km suksesvol voltooi.

In die 80 km-trapleerafdeling het vyf Waterberg-ruiters deelgeneem. Hulle is Cecile Kruger op Deo Gratias DaVinci, Lukas van der Merwe op Deo Gratias Annabella, Hein Pretorius op Deo

Gratias Fantasia, Skyelar Ruthven op Deo Gratias Shani en Lizette Enslin op Deo Gratias Piper.

In die 80 km mededingende afdeling het Luan Pretorius op Deo Gratias Aziz en Zualize Booysen op Vosrus Bosluis die uithourit in ’n goeie tyd voltooi.

Lize Stapelberg op Deo Gratias Sahara was tweede met ’n tyd van 3:44 in die Jong Ruiter-kategorie.

Schalk van der Merwe met sy perd Deo Gratias Roi was tweede in die standaardgewig-afdeling met ’n tyd van 3:58.

Dit was ’n heerlike dag om in die natuur perd te ry en die perdehanteerders was dankbaar vir die effe bewolkte weer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button